TimesHeadlines.jpg

Ons wil weet wat gebeur het.

Diensplig is ‘n projek om versoening tussen Suid-Afrikaners deur middel van storievertelling te bewerkstellig. Die Grensoorlog en die onluste van die 1980’s was ‘n komplekse era wat verreikende gevolge gehad het. Met hierdie storie-projek wil ons die deur oopmaak vir jou om jou storie te vertel. Ons wil weet wat gebeur het, maar veel belangriker is dat ons verstaan hoe jy daaroor voel.

Onpartydig

Diensplig is nie geaffilieer met enige politieke party, gemeenskapsorganisasie of nuusagentskap nie. Lug jou stem of fluister in ons oor - jou storie is welkom.

Vrylik beskikbaar

Het jy toegang tot die internet? Vind die nuutste Diensplig episode op jou potgooi-speler, of luister dit direk via diensplig.org

Wat mag ek sê?

Ons tree graag met jou in gesprek. Ons kan nie waarborg dat stories wat Apartheid op ‘n simplistiese of dualistiese wyse verheerlik, in ‘n episode sal verskyn nie.