Back to All Events

Boekgesprek Diensplig - Nagkantoor Kuierkroeg

  • Kaapsehoop Kuierkroeg Kantoor Street Kaapschehoop, MP South Africa (map)

Anelia gesels met De Wet Potgieter oor haar boek, “Diensplig - Hoekom Stotter ons Pa’s So?” Ons gesels sommer so net voor die rugby. Kom verby, vra jou vrae, vertel jou storie.

Hieronder ‘n uittreksel van De Wet se skrywe op die Nagkantoor Facebook-groep op 14.09.23:

Ek sien hier word weer baie slimmighede oor Anelia Heese se boek, Diensplig, hoekom stotter ons pa's so? kwytgeraak.

Toe sy met haar navorsing vir die boek begin het, het sy my gekontak en gevra of sy Nagkantoor mag gebruik. My verduideliking aan haar was dat sy meer as welkom was om haar vrae te vra omdat sy sodoende eerstehandse inligting van die manne kon kry wat daar was.

Nou wil ek graag teruggaan in die verlede. In die sewentigerjare was daar 'n karakter wat uit 'n huis in Pretoria sy organisasie, Aksie Morele Standaarde, bedryf het. Eddie van Zyl en sy juigkommando van verveelde huisvroutjies het geglo hulle was geroepe om ons ou volkie suiwer te hou. Hulle het in 'n stadium, onder meer, dit reggekry om Etienne Leroux se Magersfontein O Magersfontein verbied te kry. Die Publikasieraad het die boek op sterkte van 'n magdom besware in 1977 verbied. Dit blyk toe later dat die meeste van die besware ingedien was deur die klomp beswaardes aan wie gefotostateerde uittreksels van een of twee bladsye van die boek gestuur was. Twee jaar later is Leroux met 'n Hertzogprys vir sy werk bekroon.

Nou sal ek graag wil weet hoeveel van die klagatte het al Anelia Heese se boek gelees en hoeveel maak soos die ou tannies van die Aksie Morele Standaarde en ween op gerugte wat versprei word? Anelia kom spesiaal uit Duitsland Nagkantoor toe om oor haar boek en haar navorsing te kom gesels. Sy is 14 Oktober hier kom luister na haar, ontmoet haar en gesels gerus met haar.

Vind eerstehands uit oor die brandende vrae van die nuwe geslag wat nie weet wat het destyds gebeur nie. Hule wil, en het die reg, om te weet. Nie almal het die verlede en die oorlog op dieselfde wyse beleef en ervaar nie.

Hou op om suurgat-sleutelbordklagatte te wees en kommunikeer soos grootmense.


Previous
Previous
October 11

Boekgesprek Diensplig - Groote Kerk

Next
Next
October 16

Boekgesprek Diensplig - Pretoria