Woordfees: Hoekom stotter mans so?
Oct
10

Woordfees: Hoekom stotter mans so?

Watter soort manlikheid behoort ons na te streef en hoekom bestaan ’n term soos “toksiese manlikheid”? Chris Jones gesels met drie skrywers: Anelia Heese het vir haar boek Diensplig met meer as 50 voormalige dienspligtiges gepraat om te probeer vasstel wat die ondervinding aan hulle gedoen het en hoe ’n nuwe bedeling die impak daarvan geraak het. Francis Petersen, rektor van die Vrystaatse Universiteit, en Nuraan Davids, onderwyskundige, praat weer oor hulle bydraes tot die belangrike Dit is tyd dat mans begin praat.

Bespreek hier

View Event →
Aardklop - Hoekom stotter ons pa's so?
Oct
4

Aardklop - Hoekom stotter ons pa's so?

Watter soort manlikheid behoort ons na te streef en hoekom bestaan daar ’n term soos toksiese manlikheid? Uitgewer Carla Coetzee gesels met Deon Lamprecht en Johan de Waal, twee mans wat onder andere hul stories aan Anelia Heese vertel het in Diensplig: Waarom stotter ons pa’s so? Sy het met meer as 50 voormalige dienspligtiges gepraat om te probeer uitvind wat die ondervinding aan hulle gedoen het, en hoekom dit jare later nog soveel impak het. Dis hier waar die meeste die ander betekenis geleer het van die woord “kontak”, moes hoor hulle moet “reg wees vir doodmaak”, of gesien het hoe ’n maat sterf. Aangebied deur Tafelberg. Kom luister en kuier saam by die ATKV-Boeke-oase.

View Event →